African Victoire! Afskop..

Welkom aan almal wat kom kyk wat op ons blog aangaan! Die idee is om vir almal agtergrond te gee van die beplande motorfiets-toer en op hoogte te hou van reëlings en waar ons vorder. Ons vertrek die 22ste Maart 2010 op ons ysterperde vir 15dae van sorglose avontuur uit die beskawing! Kronkelende grondpaaie tussen bergpasse deur, forel vang in die riviere van Lesotho, onder die sterrehemel slaap, oor die grasheuwels van Transkei, langs die ooskus en soveel meer. Lees verder hier onder om op hoogte te bly van hierdie epic toer en meegaande ervaringe...

African Victoire! Kick-off

Welcome to all who find themselves having a peek into our world! The idea is to provide some background about our planned motorcycle trip and to keep those interested updated regarding our progress into the wild. We will depart 22 March 2010 on our iron horses for 15 days of epic adventure, removed from civilization! Winding gravel roads, over mountain passes, catching trout in the Maluti mountains, nights under open heavens, the grassy hills of the Transkei and down the East and South coasts. Please visit the blog often to stay updated and learn more of our journey...



Saturday 27 March 2010

Lesotho: Semongkong, Katse Dam & Sani Top.

Wat kan mens se? Hierdie land het ons harte heeltemal gesteel. Lesotho is verseker een van die mooiste landskappe wat enige van ons al tee gekom het. Met die gepaste noemnaam "Mountain Kingdom" pronk hierdie land met berg op berg op berg... Ons eerste dag eindig ons net voor die reen by Semongkong om 'n vissie te probeer vang en om die volgende oggend die hoogste vryvallende waterval (Maletsunyane) in Suid Afrika te sien. Ons vertrek met 'n soen op die wang van Natalie (ask no questions, hear no lies :) en pak die lang tog aan na Katse Dam. Na een +-#se dag kom ons eventueel 21:00 die nag daar aan en soos ons geluk ons tref kry ons 'n fantastiese huisie vir slegs R300. 'n biertjie en 'n pak provitas later, slaap ons soos die klippe waaroor ons gery het vir amper 10 ure. Volgende oggend weer vroeg op, drink koffie by die damwal en vertrek onwetend van wat voorle na die bopunt van Sani Pass. Dit was een EPIC trip! Twee valle (Albert en Leon) 'n pap wiel 'n uur lange soektog na De Wet en 10ure later in die donker oor die wildste terrein in Lesotho land ons by Sani Top vir 'n smullekker ete en natuurlik 'n yskoue Maloti. Vanoggend het ons opgepak in die middel van 'n vriesende storm en Viva! Sani Pas was soos 'n leeu in die nag. Jy weet hy is daar, maar het geen idee wanneer hy jou breek of hoe hy lyk as hy op jou afkom nie. Jy weet net dit is iets om voor versigtig te wees. Die pas is onbeskryflik mooi en was 'n absolute hoogtepunt! Uit Lesotho, lunch by Underberg en op hierdie oomblik ontspan ons langs 'n vuurtjie by Mount Currie naby Kokstad. Van hier tackle ons die Wilde kus! (Fotos sal volg)

Monday 22 March 2010

Viva! the loooong trip to Bloem...


The moment has come! after exactly one year since the first talks of this trip, we arive at the station in Cape Town to load our
bikes
on the train and head to Bloem to start our journey into Lesotho. It has been quite a stressfull day as we ran around like true first timers to tie all the loose ends. Our bikes are safely strapped onto the train, we have found our seats, and now... We enjoy music made by the train wheels and process the fact that the time has come!

Monday 15 March 2010

Die toer roete!

OK so aanvanklik was die hoofdoel om Lesotho te gaan deurkruis met motorfietse en dis steeds in die plan, maar die roete sluit nou heelwat meer in siende ons in elkgeval daarheen en terug moet kom. Ons gaan die middag van die 22ste Kaapstad toe ry van Stellenbosch af, ons motorfietse op die trein laai en self ook opklim vir die lang pad op Bloemfontein toe. Bikes aflaai, pak en die eerste ent aanry in die rigting van Lesotho en sommer die eerste aand op 'n vriendelike boer se plaas oornag. Vir die volgende drie/vier dae gaan ons Lesotho deurkruis soos die roete hieronder aandui. In by Lesotho, Wepener grenspos aan die westelike kant en dan in Suidelike rigting in S-vorm Noord verby die Katse Dam tot heel bo om sodoende met Moteng Pas op te klim na die "Roof of Africa" - van die wildste terrein om te ry in Suiderlike Afrika en dan met Sani Pas af te eindig en by Underberg oor die grens te gaan weer in suid Afrika in. As daar tyd te spaar is gaan ons vir 'n dag effens Noord mik om van die omliggende Natuur parke se grondpaaie en majestieuse berghange te gaan besigtig! Van daar toer ons via Kokstad af Transkei toe - Port St. Johns is die eerste stop. Daar sal ons nog besluit hoe en waar presies ons roete deur die Transkei gaan wees, maar die plan is om op twee of drie plekke langs die kus te oornag en moontlik vir langer op een plek te bly as ‘n rusdag nodig is. Hopelik hoef ons nie te veel ompaaie te ry nie en navigeer ons heel maklik in die boendoes. ‘n Hele paar riviere kan moontlik problematies wees, maar ek reken twee opblaasbote weerskante van ‘n motorfiets vasgebind kry hom oor die rivier te seil blah blah blah. As dit nie werk nie, wel.. dan is ons pretty much geskroef.
Vanuit die Transkei sal ons afwaarts na Oos Londen beweeg en vandaar die kuspad na P.E. ry. Vanaf P.E. binneland toe om via Patensie die Baviaanskloof binne te gaan. Na 'n dag of wat van epic grondgebied versit mik ons vir Uniondale om 'n vrytjie met die spookmeisie te vang en dan die Prince Alfred pas na Knysna te ry. Van daar sal ons 'n dag of wat in Stilbaai rus en die pad terug na die beskawing en die realiteite van werk en Westerse lewens aan durf.

Wednesday 10 March 2010

En so word dit werklikheid...



Dis nou al amper 'n jaar terug wat die idee vir hierdie toer posgevat het en soos ek nou hier in die kantoor by die werk sit kan ek amper nie glo ons is so op die drumpel van ons vertrekdatum nie!! Daai Stilbaai naweek waar ons begin dink het aan motorfiets koop (met Albert se insette natuurlik!) en te veel Long way down up under round gekyk het:) Aanvanklik sou ons nog 'n support team ook saamgevat het sodat die wat nie bike gaan ry nie en die dames wat ook wil toer kan inval. Die planne het egter so uitgedraai dat dit net die vier van ons sal wees op motorfietse wat alle benodighede vir die reis saamry, niemand êrens moet kry nie en elke dag vir die volgende dag die grond/bospaaie beplan binne ons roete raamwerk! 15dae van bike ry - kilometer op kilometer, rus, ontspan uit die beskawing, goeie vriendskappe, ongelooflike natuurskoon, etc. Albert, Leon, ek(Pieter) en De Wet is die crew wat African Victoire!-Toer onderneem en 22 Maart 2010 uit Stellenbosch wegtrek! Avontuur hier kom ons!!