African Victoire! Afskop..

Welkom aan almal wat kom kyk wat op ons blog aangaan! Die idee is om vir almal agtergrond te gee van die beplande motorfiets-toer en op hoogte te hou van reëlings en waar ons vorder. Ons vertrek die 22ste Maart 2010 op ons ysterperde vir 15dae van sorglose avontuur uit die beskawing! Kronkelende grondpaaie tussen bergpasse deur, forel vang in die riviere van Lesotho, onder die sterrehemel slaap, oor die grasheuwels van Transkei, langs die ooskus en soveel meer. Lees verder hier onder om op hoogte te bly van hierdie epic toer en meegaande ervaringe...

African Victoire! Kick-off

Welcome to all who find themselves having a peek into our world! The idea is to provide some background about our planned motorcycle trip and to keep those interested updated regarding our progress into the wild. We will depart 22 March 2010 on our iron horses for 15 days of epic adventure, removed from civilization! Winding gravel roads, over mountain passes, catching trout in the Maluti mountains, nights under open heavens, the grassy hills of the Transkei and down the East and South coasts. Please visit the blog often to stay updated and learn more of our journey...



Monday 15 March 2010

Die toer roete!

OK so aanvanklik was die hoofdoel om Lesotho te gaan deurkruis met motorfietse en dis steeds in die plan, maar die roete sluit nou heelwat meer in siende ons in elkgeval daarheen en terug moet kom. Ons gaan die middag van die 22ste Kaapstad toe ry van Stellenbosch af, ons motorfietse op die trein laai en self ook opklim vir die lang pad op Bloemfontein toe. Bikes aflaai, pak en die eerste ent aanry in die rigting van Lesotho en sommer die eerste aand op 'n vriendelike boer se plaas oornag. Vir die volgende drie/vier dae gaan ons Lesotho deurkruis soos die roete hieronder aandui. In by Lesotho, Wepener grenspos aan die westelike kant en dan in Suidelike rigting in S-vorm Noord verby die Katse Dam tot heel bo om sodoende met Moteng Pas op te klim na die "Roof of Africa" - van die wildste terrein om te ry in Suiderlike Afrika en dan met Sani Pas af te eindig en by Underberg oor die grens te gaan weer in suid Afrika in. As daar tyd te spaar is gaan ons vir 'n dag effens Noord mik om van die omliggende Natuur parke se grondpaaie en majestieuse berghange te gaan besigtig! Van daar toer ons via Kokstad af Transkei toe - Port St. Johns is die eerste stop. Daar sal ons nog besluit hoe en waar presies ons roete deur die Transkei gaan wees, maar die plan is om op twee of drie plekke langs die kus te oornag en moontlik vir langer op een plek te bly as ‘n rusdag nodig is. Hopelik hoef ons nie te veel ompaaie te ry nie en navigeer ons heel maklik in die boendoes. ‘n Hele paar riviere kan moontlik problematies wees, maar ek reken twee opblaasbote weerskante van ‘n motorfiets vasgebind kry hom oor die rivier te seil blah blah blah. As dit nie werk nie, wel.. dan is ons pretty much geskroef.
Vanuit die Transkei sal ons afwaarts na Oos Londen beweeg en vandaar die kuspad na P.E. ry. Vanaf P.E. binneland toe om via Patensie die Baviaanskloof binne te gaan. Na 'n dag of wat van epic grondgebied versit mik ons vir Uniondale om 'n vrytjie met die spookmeisie te vang en dan die Prince Alfred pas na Knysna te ry. Van daar sal ons 'n dag of wat in Stilbaai rus en die pad terug na die beskawing en die realiteite van werk en Westerse lewens aan durf.

2 comments:

  1. Wow, dit klink baaie lekker en exciting!! Julle moet dit baie geniet en die fietse regop hou! en hopenlik kan hulle ook dryf op water indien nodig.. :-) Sani pas sal 'n belewenis af wees, maar ek het nog nie 'n motorfiets daar sien af gaan sonder om te val nie, maar glo julle manne sal dit reg kry! njoy!

    ReplyDelete
  2. Manne, daar is tog niks beter vir 'n man as om sy drome uit te leef en dit te laat realiseer nie!! Geniet elke oomblik ten volle en kom dan veilig terug huis-toe!!

    Groete

    Neethling

    ReplyDelete