Saturday, 27 March 2010
Lesotho: Semongkong, Katse Dam & Sani Top.
Wat kan mens se? Hierdie land het ons harte heeltemal gesteel. Lesotho is verseker een van die mooiste landskappe wat enige van ons al tee gekom het. Met die gepaste noemnaam "Mountain Kingdom" pronk hierdie land met berg op berg op berg... Ons eerste dag eindig ons net voor die reen by Semongkong om 'n vissie te probeer vang en om die volgende oggend die hoogste vryvallende waterval (Maletsunyane) in Suid Afrika te sien. Ons vertrek met 'n soen op die wang van Natalie (ask no questions, hear no lies :) en pak die lang tog aan na Katse Dam. Na een +-#se dag kom ons eventueel 21:00 die nag daar aan en soos ons geluk ons tref kry ons 'n fantastiese huisie vir slegs R300. 'n biertjie en 'n pak provitas later, slaap ons soos die klippe waaroor ons gery het vir amper 10 ure. Volgende oggend weer vroeg op, drink koffie by die damwal en vertrek onwetend van wat voorle na die bopunt van Sani Pass. Dit was een EPIC trip! Twee valle (Albert en Leon) 'n pap wiel 'n uur lange soektog na De Wet en 10ure later in die donker oor die wildste terrein in Lesotho land ons by Sani Top vir 'n smullekker ete en natuurlik 'n yskoue Maloti. Vanoggend het ons opgepak in die middel van 'n vriesende storm en Viva! Sani Pas was soos 'n leeu in die nag. Jy weet hy is daar, maar het geen idee wanneer hy jou breek of hoe hy lyk as hy op jou afkom nie. Jy weet net dit is iets om voor versigtig te wees. Die pas is onbeskryflik mooi en was 'n absolute hoogtepunt! Uit Lesotho, lunch by Underberg en op hierdie oomblik ontspan ons langs 'n vuurtjie by Mount Currie naby Kokstad. Van hier tackle ons die Wilde kus! (Fotos sal volg)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Sjoe, ek proe daardie koue Maluti na n uitdagende dag. Mooi so ...., ry versigtig ..., en moenie dat die vingertjies stomp raak vir n "update".
ReplyDeleteDit klink ongelooflik lekker, geniet elke oomblik! Dis mos nou hoe bikes suppose is om gery te word! Onthou baie fotos ne, cheers!
ReplyDeletehaha, het uitgesien na julle Sani pas deel! Dink daai moes 'n belewenis wees om dit te maak met 'n motorfiets!! Wel gedaan! Bly julle het die verdwaalde man weer opgespoor, en hopenlik het niemand seer gekry nie. Geniet die Maluti!
ReplyDeleteTallas, dis hoe mens 'n stukkie grond in die Pas koop! Hori ouens lyk ongelooflik lekker! Volgende trip kom ek saam! Ek dink dis tyd vir 'n bike....
ReplyDelete